’n Roekelose, hardekwas punk. Dit is Rox Baney.
Baney slaan tans die kitaar in die punk band Write Off, en speel bas in The 6th Extinction.
By vanjaar se White Mountain Folk Festival is hierdie ervare kitaarspeler egter alleen op die verhoog met ’n akoestiese kitaar. Moet egter nie die fout maak om te dink sy is getem nie. Luister na die lirieke en haar alternatiewe klank.
White Mountain Folk Festival
28 September – 2 Oktober 2017
White Mountain Lodge, Giant’s Castle.

