Ek was aanvanklik nie vreeslik lus om na Vrou Theron te gaan luister nie. Is musiek en teater dan nie Orrin se werk nie. Toe Sarah Theron vir die eerste keer haar mond oopgemaak het die aand was ek mooi net reg om ongesiens in te sluimer. Dis die dat ek amper teen die teater se agterste muur beland het. Die sangeres het ‘n imposante stem waarvoor menigte diva sal moord pleeg. Dit omhels jou en druk jou vas tot jy amper nie kan asem haal nie, amper soos wanneer jy met ‘n dik tannie dans wat na talcum powder stink … ala David Kramer.
Jy is vergewe as jy met die eerste ooropslag dink Sarah is ‘n tydgenoot van Ella Fitzgerald of iemand in die liga. Sy beweeg deur haar repertoire met dieselfde gemak as wat sy op die klavier lê en sing.
Theron was al in ‘n verskeidenheid gestaltes bekend aan ons deur die jare, maar dit lyk of die vrou met die formidabele stem uiteindelik haar plekkie in die son gevind het … en sy’s nie skaam vir kaal tan nie.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
