Die wêreldbekende trompetspeler, orkesleier, komponis, sanger en politieke aktivis, Hugh Masekela, is vandag oorlede in die ouderdom van 78-jaar.
Masekela word beskou as een van die invloedrykste jazz-musikante in musiekgeskiedenis. Hy is oorlede na ’n lang worsteling met prostaatkanker.
Masekela het meer as 40 albums agter sy naam, om nie te praat van die talle ander waarop hy ’n buiging maak nie. Hy het Suid-Afrika se hoogste verering ontvang, Die Orde van Ikhamanga.
Masekela sal wyd en syd onthou word vir sy ongelooflike bydrae in musiek. In die Virginiese Eilande het hulle reeds geruime tyd ’n Hugh Masekela-dag.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
