Die kuns van verdwyn
Die akteur kan dig en die digter kan toneel speel.

Hier staan Gérard Rudolf manalleen op die verhoog met sy aangrypende poësie en die musiek van Battery 9 se Paul Riekert. Die bekroonde akteur se debuutbundel, Orphaned Latitudes, was op die langlys van die gesogte Engelse Ted Hughes-prys en sy werk is al in verskeie internasionale poësietydskrifte gepubliseer. In 2016 het hy ’n Dalro-poësieprys gewen.

Gérard is ’n lid van die Woordenaars, ’n groep Afrikaanse digters wat landwyd opgang maak met hul poësie-optredes.

* Debuut *

Met: Gérard Rudolf

Regisseur: Marí Borstlap

Teks: Gérard Rudolf

Genre: Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: geen o/10
Tydsduur: 1 uur 5 minute
Kaartjies: R120 | R140 by die deur
Plek: HB Thom-laboratorium, Stellenbosch
Datum: 6 Maart 17:00 | 7 Maart 20:30 | 10 Maart 17:00 | 11 Maart 13:00
Woordfees 2018


Die kuns van verdwyn

Die kuns van verdwyn


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply