Dit is amper tyd. Die 20ste Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees belowe om die winterkoue met vermaak en honderde stalletjies wat die monde sal laat water, te verdryf. Dit bied familie en vriende ook die geleentheid om saam met die Blue Crane Route munisipaliteit te kom ‘hang’ op die Somerset-Oos Skougronde.
In die geskiedkundige jaar van Afrika, vier die Biltongfees ook sy twintigste bestaansjaar met ‘n opwindende ‘spyskaart’ vir feesgangers, wat insluit: meer as 300 stalletjies met verskeidenheid produkte en versnapperinge; vermaak spesifiek vir kinders soos gesig verf, Popsie die Nar en springkastele; vir die avontuurlustiges is daar verfbal en 4X4 motorfietse – en natuurlik is daar ook emmers en emmers vol biltong, vanaf kudu, kameelperd, buffel en eland tot hoender!
Die musikale vermaak is by verre die ‘hoofgereg’ van die Biltongfees. Talentvolle kunstenaars soos Dozi en Nianell, Broers, Heinz Winckler, Nadine, Gerhard Steyn, Pieter Koen, Emo Adams, die Cape Town Happy Boys, Thys die Bosveldklong, Brandon October en Prime Circle, om net ‘n paar te noem, gaan Somerset-Oos op horings neem.
Gedurende die jaar se Biltongfees kan feesgangers ook deelneem aan die wêreld se eerste 40 kilometer ‘biltong-proënde, tequila-drinkende, beskuit-eetende’ bergfietsrit. Die pretbelaaide, gastronomiese rit vind plaas op 17 Julie, 09:00 vanaf die Somerset-Oos Vliegveld. Vir meer inligting oor die unieke aktiwiteit, kontak Marti by 082 872 2249.
Vir meer inligting oor die 20ste Castle Lager Oos-Kaapse Biltongfees kontak Marette Liddell op 082 878 6749.

Wanneer is di bilttong fees in 2018
Daar is een by die Rambler’s Club in Bloemfontein van 27 tot 29 Julie.