Soul of Fire

Kathleen Tagg en Zanne Stapelberg
Kathleen Tagg en Zanne Stapelberg

Zanne Stapelberg en Kathleen Tagg stel hul gesamentlike CD bekend op 13 en 14 Desember by die Fugard Teater in Kaapstad.

Met Soul of Fire oorkruis die twee talentvolle vroue verskeie genres. Die klem is op musiek van Spanje tot in Latyns-Amerika. Suid-Afrika se Zanne sing komposisies van Kathleen, die New York pianis.

Tagg het van Stapelberg se liedjies gevat en die kombineer met die instrumentale tango’s van Ástor Piazolla. Die CD delf in die klassieke repertoire, verken die magiese energie van die Spaanse Zarzuela en deel die volksmusiek van Argentinië en Brasilië.

Soul of Fire
13 & 14 Desember
Fugard Teater, Kaapstad
Kaartjies: R110 – R130
Besprekings: 021 461 4554

Lewer kommentaar

Leave a Reply