Spontaneous Embellishment in Clanwilliam

Spontaneous Embellishment is ‘n musiekgroep wat die plesier van saam musiek maak, baie hoog ag.

Die groep wat bestaan uit Sonja Celliè (sang), Adam Coolsaet (dromme), Hano Smit (kitaar) en Jacques Steyn (baskitaar), speel bekende musiek wat meeste mense goed ken maar so verwerk en aangepas (embellished) dat jy nie kan help om te glimlag, saam te neurie of jou voet op die ritme te klop nie.

Die deeglike deurdagte verwerkings met interesante frasering en ritmes spreek van knap musikante en baie ondervinding. Sonja het haar sangloopbaan begin as jong sangeres in die groep Young Divas en het tydens haar drama studies ook sang gestudeer. Sy was ‘n Cresendo finalis en het verskeie kabaret en jazz shows gedoen.

Adam het jare op verskeie passasiersbote gespeel en hier in Suid-Afrika verskeie vertonings gedoen saam met mense soos Amanda Tiffin en Zanne Stappelberg.

Hano was lid van die groep Montrio en het ook al in verskeie vertoning gespeel vir kunstenaars soos Sarah Theron, Lize Beekman, Jannie Moolman en Mathys Roets.

Jacques was voorheen lid van DNA Strings en werk deesdae ook baie saam met kunstenaars soos Steve Louw, David Kramer en die Snyman Broers.

Spontaneous Embellishment
Spontaneous Embellishment

Spontaneous Embellishment se repertorium sluit material in van Natalie Cole, Michael Jackson, Dianne Krall,
Grover Washington Jnr, Sting, Michael Buble en natuurlik ook ‘n paar uit hul eie pen.

Diegene wat al hul vertoning gesien het beskryf dit as “ funky… jazzy… cheeky”. Gaan luister en besluit dan self.

Spontaneous Embellishment is binnekort in Clanwilliam by Reinhold’s Restaurant vir die 2011 Cederbergfees. Kaartjies kos R120. Besprekings: Cederberg Feeskantoor 027 482 1090.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply