State of Grace

Die eerste vertoning op tuisgrond is nie net ‘n herontmoeting met Suid-Afrikaanse gehore nie, maar ook met kunstenaarsvriend en begeleier, Stefan Lombard en al die materiaal wat hulle vir eendag gebêre het.

“Ons was albei so betrokke met wat ookal ons mee besig, het min tyd gehad om saam op te tree en sou met laataand-kuiers oor musiek struikel, dit uitprobeer en eenkant sit vir ééndag. Wanneer die tyd reg gevoel het, die stem op ‘n beter plek was, of ons tyd gehad het om die musiek te ontrafel. Maar gelukkig het ons geleer die ‘regte oomblik’ nou is,” sê Charlene Truter.

“As ons almal wag totdat ons perfek is, gaan ons nooit nêrens uitkom nie. Die vrese wat jy nou het moet maar jou kamerade word. Jy moet nou daardie oomblik van grace (guns) soek, glo en leef.” Daarom ook die titel, State of Grace.

Die program bevat ‘n groot aantal klassieke musikale gunstelinge soos Gounod se “Ave Maria”, maar verwerk met die kontemporêre aanslag waarvoor sy bekend is. Getrou aan haar styl sal daar ook die obligatoriese a capella items wees. Natuurlik ook, die “Griekwapryslied”.

Die wonderlike ding oor ‘n goeie liedjie is dat ‘n mens dit vir ‘n paar jaar kan los, en eenvoudig later na toe teruggaan. Dan kom jy agter hoe dit met jou lewe resoneer, meen sy.

Met die keuse van liedere gaan die twee probeer om die atmosfeer van hierdie laataand oomblikke van kalmte soek rondom die vleuel, te reflekteer. “Dit het dikwels gepaard gegaan met ‘n goeie dosis improvisasie. Hy sou sommer die begeleiding van ‘Finlandia’ (beter bekend as ‘Be Still My Soul’) speel terwyl ek Paul Schwartz se ‘Fear Not’ uitprobeer. Dit was nie altyd perfek nie, maar dit was vol energie, waagmoed. Rou en eerlik. “Dit is ook wat gehore kan verwag. Musiek wat vra, soek en die weerloosheid daarvan blootlê om in Guns te leef.

Charlene Truter
Charlene Truter

State of Grace is 2 Junie 2011 by Die Bordienghuis in Wellington.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply