Sterling EQ is een van die mees gesogte groepe in Suid Afrikaanse vermaaklikheidskringe. Hiedie instrumentele supergroep het ‘n wye spektrum van gehore gaande met hul skouspelagtige vertoon van virtuositeit en energieke verhoogspersoonlikhede.
Sterling EQ bestaan uit van Suid Afrika se top en mees bekoorlike jong virtuose. Nie net spog hulle met top kwalifikasies en toekennings nie, maar hulle behaal ook merkwaardige sukses op ander gebiede.
Elektriese fluit-fenomeen, Carina Bruwer, besit ‘n vermaaklikheidsagentskap, en is ‘n befaamde maratonswemmer met menigte nasionale en internasionale rekords op haar naam.
Elektriese violis, Eriel Huang, is vlot in nie minder nie as ses tale, en tree as tolk op by ‘n verskeidenheid van internasionale byeenkomste.
Magdalene Minnaar (elektriese violis en altvioolspeler) is ‘n talentvolle sopraan wat reeds haar verskyning in velerlei professionele operas gemaak het, en Ariella Caira is ‘n gekwalifiseerde aktrise.
Saam is hierdie musici besig om onstuitbare opgang te maak en sal hul skitterende nuwe album Suid Afrika
gaande hê.

Sterling-EQ is die week by Die Boer in Durbanville.
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
