Stokoud en Splinternuut

David Kramer se Stokoud en Splinternuut is die viering van ‘n leeftyd van liedjieskryf.

Hy is in sy vyfde dekade as kunstenaar, en dis nou ‘n geleentheid om hom te ervaar soos hy dit gedoen het toe hy die eerste keer in die folk-klubs in Leeds en Kaapstad begin sing het.

Hy tree op met kitaar en harmonika, vergesel deur Schalk Joubert op baskitaar. David verken ‘n paar van sy nuwe liedjies, sowel as sommige van sy repertoire wat hom die reputasie as een van die voorste sangers en liedjieskrywers in Suid-Afrika gemaak het.

Suidoosterfees

Venue: Die Fugard Teater
Sa 2 Feb 21:00 – 22:00
So 3 Feb 17:00 – 18:00
Prys: R135

Lewer kommentaar

Leave a Reply