The Diary of Alicia Keys

Grammy-wenner, Alicia Keys, se memoir, The Diary of Alicia Keys, gebaseer op haar dagboek verskyn eersdaags asook ‘n liedboek met gedigte en lirieke.

Jy sal Alicia Keys gereeld met haar neus in ‘n boek kry, beide klassiek en kontemporêr. The Diary of Alicia Keys sal ‘n unieke refleksie van haar kinderdae in New York se Hell’s Kitchen wees, haar lewe as dogter van ‘n enkelma, haar musikale opvoeding en die verhaal van hoe sy wêreldberoemd geword het.

Op twintigjrige ouderdom het Alicia Keys se debuutalbum, Songs in A Minor, haar in die kalklig geplaas. Die album het die nommer 1 posisie op verskeie speellyste bereik. Meer as 10 miljoen kopieë van die album is reeds wêreldwyd verkoop en sy het reeds 5 Grammy-toekennings ontvang. Haar tweede album, The Diary of Alicia Keys, het amper die 3 miljoen kerf bereik sedert dit in Desember 2003 geloods is.

Alicia Keys is nie net hoog aangeskrewe nie, maar word ook krities hoog aangeskrewe.

Die liedboek verskyn later vanjaar en The Diary of Alicia Keys in 2005.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar