Hier is ‘n album wat die kleinspan se harte gaan verbly – ‘n versameling van nie minder as nie 33 immergroen en gewilde kinderliedjies.
Die meeste van die liedjies is bekende TV-treffers soos “Heidi”, “Kraaines se temalied”, “Haas Das se nuuskas”, “Pinnochio”, die “Dancing Teddy Tune” van die gewilde reeks Teletubbies, “Rugrats”, “Jellabies”, “Wielie Walie”, “Pumpkin Patch”, “Liewe Heksie”, “The Muppet Show”, “The Little Mermaid”, “Tarzan”, “Bennie Boekwurm”, “Kideo” en “Sarel Seemonster”.
En dan is daar natuurlik ook al daardie goue oues wat selfs ma en pa kan saamsing – van “Die Dapper Muis”, “Die Lappop”, “Wouter Kabouter”, “Olke Bolke”, “Daantjie Kat”, “Ietsie Bietsie Spinnekop”, “Die Riekie-Tiekie Trein”, “Dum Deedle Deedle Dum” tot “Die ABC”.
Hierdie 33 kindertreffers is gewaarborgde pret en plesier vir alle kleuters en peuters. Dit is die ware Jakob om die kleingoed uit die kattekwaad te hou en hulle heerlik saam te laat sing en dans.
