Twilight Rhapsody debuteer

Twilight Rhapsody, ‘n sewe-stuk orkes wat reeds die afgelope jaar groot sukses behaal met optredes by troues en ander funksies, maak op 24 Julie 2010 hul openbare buiging in Die Boer Teater Restaurant in Durbanville. Die groep is reeds twee keer die afgelope jaar genomineer vir die SA Bridal Industry Academy Award.

 

Die program, genaamd My Unusually Intense Vamp, lewer kommentaar op die weë van die liefde en bestaan uit 90 minute van Jazz standaardwerke, gespeel in die groep se kenmerkende ligte jazzstyl.

Twilight Rhapsody staan onder leiding van Dr Anthony Costandius (klavier / klawerbord). Anthony het oor die jare al in verskeie genres as pianis, verwerker en liedjieskrywer gewerk. Hy word bygestaan deur Ray (sanger), Warren Venter (sanger), Greg louw (elektriese kitaar), Jan Costandius (saksofoon), Werner Pretorius (bas) en Ricky Lightning (tromme).

Kaartjies kos R50 en besprekings kan gedoen word by Die Boer 021 979 1911 of navrae@dieboer.com. Die deure open 18:00 vir aandete en die program skop af om 20:00.

Twilight Rhapsody:  Agter (vlnr):  Anthony Costandius, Jan Costandius, Werner Pretorius Middel (vlnr):  Warren Venter, Ray Voor (vlnr):  Ricky Lightning, Greg Louw
Twilight Rhapsody: Agter (vlnr): Anthony Costandius, Jan Costandius, Werner Pretorius Middel (vlnr): Warren Venter, Ray Voor (vlnr): Ricky Lightning, Greg Louw

Lewer kommentaar

Leave a Reply