Die gewilde Joubert-Tradauw Wynkelder verwelkom elke jaar besoekers van wyd en syd vir `n heerlike naweek van goeie musiek, kos en wyn. Die organiseerders, Red Hot Events, wat ook elke jaar die Up the Creek Musiekfees aanbied, gaan sorg vir musiek deur `n verskeidenheid gewilde SA musikante. Optredes deur Albert Frost, Majozi, Nomadic Orchestra, Manouche, Slow Jack, Hezron Chetty, Hatchetman en DJ Dirtroad gaan almal op hulle voete hou. Kom kuier saam met oorspronklike blues-rock, jazz en pop-musiek en DJ Dirtroad se “50’s,60’s,70’s,80’s en 90`s. Unplugged62 belowe `n onvergeetlike naweek in een van die mooiste plekke in die Klein Karoo!
Kaartjies sluit `n volledige naweek van feesvieringe in. Die Joubert-Tradauw Wynkelder speel weer gasheer vir nege musiekgroepe vanaf Vrydagaand 19h00 tot Sondagoggend 11h00. Kaartjies sluit ook kamp, stort-en toiletgeriewe in, sowel as `n R62 Deli Alfresco Klein Karoo tapas middagete met `n heerlike glasie Unplugged62 Sauvignon of Merlot op die Saterdagmiddag in. Daar sal ook ‘n mark-area wees wat `n wynproe en allerlei lekkernye sal aanbied soos: kase, olywe, varsgebakte koekies en brode, biltong en nog baie meer. ‘n Ten volle toegeruste kroeg gaan langs die verhoog opgerig word sodat besoekers Joubert-Tradauwwyne, sowel as ander handelsmerke gedurende die naweek kan geniet.
Unplugged62 is `n heerlike naweek vir die hele familie. Alle ouderdomme is baie welkom.
Kinders onder 12 jaar, kan gratis bywoon en daar is ook `n spesiale kaartjie-aanbod vir kinders ouer as 12 jaar.
Kaartjies:
Volwasse naweek kaartjie: R750 (Joubert-Tradauw Deli middagete vir Satrerdag-middag ingesluit.)
Kinders 12 jaar en ouer: R375 (Joubert-Tradauw Deli middagete vir Satrerdag-middag ingesluit.)
Koop kaartjies hier: http://www.unplugged62festival.co.za/tickets-buy-now.html
Beate Joubert se R62 Deli Alfresco is naby aan die verhoog geleë en gaan etes gedurende die afloop van die fees aanbied. Haar kookboek Proe die Klein Karoo/Taste the Little Karoo het die 2015 se Gourmand World Cookbook prys gewen in die kategorie “Best Local Cuisine” in Suid Afrika. Sy is ook bekend vir haar deelname in die tweede reeks van Kokkedoor op kykNET. Hierdie spesiale etes moet vooraf bespreek word:
Spitbraai (Vrydag): R90
Van Loveren “Breakfast with Christina” Sjampanje ontbyt (Saterdag): R120
Farmhouse ontbyt (Sondag): R80
*Pryse sluit nie aanlyn-besprekingsfooi in nie.
Bespreek etes hier: http://www.unplugged62festival.co.za/tickets-buy-now.html
Akkommodasie:
Die kaartjie sluit kampeerplek in. Vir hotel en gastehuis opsies gaan na: http://www.unplugged62festival.co.za/accommodation.html. Daar is ook `n opsie vir weelderige Glamping deur Cherry Glamping: stuur epos na info@cherryglamping.co.za vir meer informasie en besprekings.
