Oopmond is ‘n warm-onder-die-kraag toordery met digkuns en musiek wat alles in lewende lywe op die verhoog ontvou.

Die bestanddele vir dié ongewone stuk teater is eenvoudig: twee spanne digters en ‘n paar musikante, asook ‘n maltrap seremonie/skeidsregter … en, natuurlik, ‘n pretbeluste, geïnspireerde gehoor.

Die digters en musikante ding as groepe mee teen mekaar. Die digters kry ‘n tema (bepaal deur die gehoor) en het tien minute om ‘n nuwe, impromptu-gedig te skryf – wat dan direk daarna deur ‘n span musikante getoonset word.

Die uiteinde? Twee splinternuwe liedjies en ‘n hand vol nuwe gedigte. Net so, daar voor jou oë en om jou ore. Tussendeur is daar warm-onder-die-kraag-toordery met woorde en oorspronklike musiek.

Met: Valiant Swart, Hanru Niemand, Danie Marais, Toast Coertzer, Anna-bet Stemmet, Andries van Pretoria en Henry Cloete as seremonieregter

Kaartjies vir 1 Oktober 2022 beloop teen R150 pp en kan vooraf by Die Boer bespreek word: 021 9791911 of www.dieboer.com

Valiant + die Oopmond Bende
Valiant en die Oopmond Bende

Lewer kommentaar

Leave a Reply