Die TopWineRoots Laailou Musiekfees bied `n opwindende nuwe musiek-ervaring by Bergrivier-
oord op Saterdag 19 November in die Paarl aan. Lê lekker op jou laailou op die Bergrvier of kyk na
die vertonings vanuit die gemak van jou kampstoel.
Van Suid Afrika se top kunstenaars gaan by die fees te sien wees. Die program sluit in: Karlien van
Jaarsveld, Janie Bay, Tasché, Ampie, Corné Pretorius, Chemistry, sowel as Loki Rothman en Margot
Rothman.
Vir feesstigters, Corné Pretorius en Wynand de Villiers, was die resonansie van die naam belangrik,
maar meer belangrik was dat die naam die regte toon daarstel, en al die elemente van die fees
omarm: Die onderskeidende kristalhelder element is natuurlik dat jy die fees op jou laailou kan
aanskou. “Ons glo die line-up is uitsonderlik, maar vir ons is die setting van die fees en die vibe wat
ons wil skep die groot onderskeidingselemente van die fees. Die Bergrivier-oord is absoluut geskik vir
die aanbieding van ‘n baie unieke fees met twee sitplek-keuses, en byna die hele oord is onder ‘n
wonderlike skadubedekking van ou bome.”

De Villiers voeg by dat hulle beplan om dié nuwe fees jaarliks aan te bied. “Ons is bevoorreg om
soveel ondersteuning vir die eerste uitgawe van die fees te hê, veral van ons korporatiewe en media
borge soos TopWineRoots en Bok Radio.”
Die verhoog by die fees word met ‘n 270 grade gehoor-radius opgestel sodat dit toeskouers in die
rivier op hul laailous sowel as toeskouers op hul kampstoele in die kampeer-feesterein bedien. Die
Bergrivieroord het pragtige staanplek vir tente asook luukse staanplek vir karavane. Bring jou laailou,
bring jou kampstoel!
Kaartjies kos R260 by https://itickets.co.za/events/467083
Gratis vir kinders 7 jaar en jonger.
Vir al die feesbesonderhede en die feesprogram gaan na www.laailoufees.co.za
Vir kampplekbesprekings by die Bergrivier-oord gaan na www.bergriverresort.co.za

Laailou Musiekfees 2022
Laailou Musiekfees 2022

Lewer kommentaar

Leave a Reply