Variété de Fauré

Die requiem van Gabriël Fauré (vir orkes, koor en soliste) is ’n gewilde, immergroen werk in die standaard- klassieke repertorium.

Variété de Fauré is ’n heerlike program met die requiem as fokus, maar dit sluit ook ’n verskeidenheid ander werke van Fauré in wat die gehoor sal meesleur met dié wonderlike Franse musiek.

Die program word aangebied deur die koor en simfonieorkes van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus.

Aardklop 2103

Genre: Klassieke musiek
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Plek: NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
Tydsduur: 70 minute
Kaartjies: R70
27 Sept. – 14:30, 28 Sept. – 15:00

Lewer kommentaar

Leave a Reply