Loki Rothman

Loki Rothman
Loki Rothman

Die twee-en-twintig-jarige Kapenaar Loki Rothman sal 2 Oktober op Die Boer in Durbanville se verhoog wees vir ‘n solo optrede. Sy debuut enkelsnit, wat hy self geskryf het, “Light these fires” het die afgelope tyd die radio golwe laat gons. Dit het no.3 op KFM/Highveld se Top 40.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie spandeer hy sy tyd deur musiek te skryf en te vervaardig saam met SAMA bekroonde vervaardiger Justin De Nobrega. Loki het al musiek geskryf vir onder andere Toya Delazy, Jack Parow, Die Antwoord en Matthew Gold.

Hy dra ook sy passie vir musiek aan ander oor deur kitaarlesse aan te bied. Sy kenmerkende manier van kitaar speel is sy handelsmerk wat hy meng met bekende genres soos pop, rock, jazz, blues, flamenco en klassiek.

Kaartjies is R100 en beskikbaar by 021 979 1911 of 0834060111

Lewer kommentaar

Leave a Reply