Oeee, die Laurika laat ‘n mens mos verlang na mense wat jy nie ken nie! Daai stem wat ritsel soos dik fluweel en herhinner aan kaggels en sjerrie in die nag se klein ure oorrompel die hart en smeer kanfer room aan die seerplekke, weer en weer. Vier Seisoene Kind is ‘n ou vriend wat jou van agter op die skouer kom tik en grootte genot gee. Hoendervleis lekker!
