“Vlerke In Die Wind” is geskryf deur die talentvolle Emil Struwig en put sy inspirasie uit die skoonheid van die natuur en die krag van liefde. Die liedjie vergelyk die pragtige elemente van die natuur met liefde, en onderstreep die idee dat God se liefde in alles om ons teenwoordig is. “Kyk op na die kranse. Daar lê die liefde,” sê Andriëtte oor die diep betekenis agter die lirieke.

Vlerke in die wind – Andriëtte

Hierdie liedjie dra ‘n spesiale plek in Andriëtte se hart. “Die liedjie is vir my baie spesiaal. Ek voel dis my beste liedjie van die afgelope paar jaar. Ek is lief vir liefde en wil hê almal moet liefde voel,” deel sy. Met hierdie snit hoop sy om luisteraars te inspireer om die wonder en krag van liefde in hul lewens te ervaar.

Die kernboodskap van “Vlerke In Die Wind” is dat ware, heelhartige liefde jou op vlerke kan neem. “En as jy daai liefde soek, lê dit by God,” sê Andriëtte. Hierdie liedjie is ‘n herinnering dat liefde die vermoë het om ons op te hef en te dra, net soos vlerke in die wind.

“Vlerke In Die Wind” weerspieël Andriëtte se hart en siel. Ons hoop dat “Vlerke In Die Wind” luisteraars sal inspireer en hulle harte met liefde sal vul.

Andriëtte
Andriëtte

Lewer kommentaar

Leave a Reply