“Mense het my al so baie gevra: ‘Wat glo jy nou eintlik, Koos?’, dat dit seker net ‘n kwessie van tyd was voor ek hierdie ingewikkelde vraag deur my liedjies sou probeer beantwoord.”
“Daarom dan dat ek nou met ‘n hele handvol nuwe liedjies sit wat almal so effens van ‘n ‘geestelike’ tema het! Suiwer gospel is dit sekerlik nie. Maar ek hoop tog dit sal vir iemand, iewers, iets kan beteken.”
En vir die wat hulle nuuskierigheid nie kan beteuel nie, Koos glo, onder andere, in ’n vet vrou, sy GPS, donkies en woestyne …
Koos Kombuis sing sy nuwe liedjies en natuurlik ‘n paar ou gunstelinge by die Boer in Durbanville, op 19 Augustus 2011 om 20:00.
Kaartjies R100. Bespreek by 021 979 1911.
(foto Marita Keet-Kotze)
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

