Wentzel du Plessis

Met ‘n unieke kombinasie van Manuel Escorcio, Sias Reyneke en Josh Groban is Wentzel du Plessis ‘n treffer.

Gebore op 31 Oktober 1973 in die Hoëveld dorpie Belfast sing hy saam met sy ouma nog voordat hy behoorlik kon praat.

In sy vroeë loopbaan het Wentzel opgetree in Operettes, Kunswedstryde, Eistedfords en saam met die destydse Oos-Transvaalse Jeugkoor deelgeneem aan kompetisies. Wentzel sing op ‘n jong ouderdom alreeds op troues en koöperatiewe funksies.

Met sy diepgewortelde liefde vir musiek is Wentzel gereed om die kommersiële mark te betree met sy Debuut CD getiteld Lewe.

Lewer kommentaar

Leave a Reply