Aanhangers van Countrymusiek en musiekliefhebbers in die algemeen kan gerus notisie neem van West, die nuwe treffergroep bestaande uit Ernie Bates (van Overtone-faam), Mac Young en Hugo Hewitt. Die driemanskap blaas nuwe lewe in Countrymusiek met hulle harmonieuse vertolking van Countrytreffers wat nie net gesoute aanhangers tevrede sal stel nie, maar ook van ‘n nuwe generasie aanhangers maak. Dis dan ook heel gepas dat Charlie Pride se “I’m So Afraid of Losing You Again” een van die treffers is wat op West se eerste CD verskyn .

Die naam West bring hulde aan die Amerikaanse Country en Western-beweging. Volgens Ernie maak niemand Country-musiek soos die Amerikaners nie. “Met hierdie country herlewing wat die afgelope drie jaar in Suid-Afrika plaasgevind het, het West spontaan ontstaan deur die groot aanvraag van die publiek”, sê Mac. “Ons het besluit om West ‘n kans te gee en ‘n gaping wat daar duidelik in die mark is, te vul. Ons doelwit is om vir so lank as moontlik nuwe, kwaliteit Country-musiek in Suid-Afrika vry te stel”. So met die intrapslag het West besluit om egter meer bekende musiek op hulle debuutalbum in te sluit en sodoende die meer klassieke Country-treffers aan ‘n nuwe generasie bekend te stel. Soos Mac egter sê, is al drie West-lede gesoute skrywers en sluit die album een van Hugo se oorspronklike liedjies ‘I am yours’ in.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville 4 tot 6 Desember om 20h30

Kaartjies R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

West 2024
West 2024

Lewer kommentaar

Leave a Reply