Windhoek Oktoberfest in Durbanville

Oktober Fest 2016
Oktober Fest 2016
Namibië Brouery bied op 21 en 22 Oktober vanjaar die tradisionele Windhoek Oktoberfest aan by Hillcrest Quarry in Durbanville.

Verwag egte Duitse bier, speletjies, kos en musiek. Van die hoogtepunte sluit onder andere in: Die 500 jaar viering van die Reinheitsgebot (Bavariese Heilsaamheidswet van 1516) en optredes deur die groep Kirchdorfer direk van die Munich Oktoberfest af. Vrydagaand is slegs vir 18 jaar en ouer en Saterdag is `n dag vir die hele gesin.

Oktoberfest, die wêreld se grootste bierfees, word jaarliks in Munich, Duitsland gehou. Die eerste Oktoberfest het in die jaar 1810 plaasgevind ter ere van die Bavariese kroonprins Ludwig se huwelik met prinses Therese von Sachsen–Hildburghausen. Oor die eeue heen het dit gegroei tot een van die belangrikste tradisionele feeste in die Bavariese kultuur. Ander stede regoor die wêreld hou ook Oktoberfest-vieringe wat geskoei is op die oorspronklike Munich gebeurtenis. Hier in Suid-Afrika, sal een van die mooiste plekke in die Kaap, Hillcrest Quarry in Durbanville Wynland, gasheer speel vir die 2de amptelike Windhoek Oktoberfest in Kaapstad, aangebied deur Namibië Brouerye.

Die opening van die biervat vind plaas op Vrydagaand 21 Oktober. Met die uitroep “O`zapft is!” word die eerste bier tradisioneel oorhandig aan die burgemeester wat dan verklaar dat die Oktoberfest amptelik ge-open is. Die Reinheitsgebot wat in 1516 ingestel is, verseker `n suiwerder, meer volmaakte bier, deur die beperking en regulering van die bestanddele wat in Bavariese bier -produksie gebruik kan word. Wat Windhoek Oktoberfest by Hillcrest Quarry ekstra spesiaal maak, is dat hierdie wet ook toegepas word met die brou van al die bier-soorte wat by die fees beskikbaar gaan wees. Daar is onder andere `n spesiale Festbier wat vir die Oktoberfest gebrou word deur die braumeister, Christian Muller. Stellenbrau se Jonkers Weissbier gaan ook beskikbaar wees.

Die Kirchdorfer musiekgroep sorg al vanaf 1994 vir die amptelike “Hacker-Festzelt” optredes by die Oktoberfest in Munich. Hulle vlieg in Oktober direk vanaf hierdie fees na SA om dieselfde musiek by Windhoek Oktoberfest, Hillcrest Quarry te kom aanbied. Tipies aan Oktoberfest gaan daar ook tradisionele speletjies op die program wees, onder andere “Stamm-sägen” (hout-saag), “Bierstemmen” (Bier oplig), “Hau den Lukas”, Nageln ensovoorts. Daar sal ook vele kosstalletjies met tradisionele Duitse kos wees: Schweine Haxn, Schweinebraten, Bretzn, Weisswurst, Bratwurst, Obatzda en vele meer.

Kaartjies is R120 by Computicket en R150 by die hek. Geen onder 18`s Vrydagaand en Saterdag is familie-dag. Gratis toegang vir kinders onder 12. Hekke maak Vrydag 18h00 oop en Saterdag 10h00. Vir meer inligting skakel: 021 551 3683 of stuur `n epos na info@eventsandmore.co.za

Sosiale media:
Facebook: www.facebook.com/windhoekoktoberfest
Twitter: @CTOktoberfestWH
Instagram: https://www.instagram.com/oktoberfest.ct/
Webtuiste: http://www.windhoekoktoberfest.com/the-festival

Oktober Fest 2016 Durbanville
Oktober Fest kelners

Lewer kommentaar

Leave a Reply