In sy kort leeftyd van 31 jaar het Franz Schubert ’n magdom musiek gekomponeer.

Aan die einde van sy lewe was Schubert brandarm, siek en woonagtig in Wene waar toestande haglik was weens oorlog. In die tyd komponeer hy twee klaviertrio’s, Opus 99 en 100. Die trio’s word gekenmerk deur hul pragtige melodieë gevul met vreugde en hartseer. Dié komposisies beeld ook mooi drie instrumente uit, viool, tjello en klavier, in hul ingewikkelde en diverse fasette van klank, kleur en omvang. Dit vereis uitstekende beheer en musikale volwassenheid van die musikante. Dit is deels hierom ongewoon dat albei werke uitgevoer word in een program. Hierdie is dus ’n spesiale geleentheid vir musiekliefhebbers.

Die laaste musiek wat Schubert op sy sterfbed wou hoor was Beethoven se Strykkwartet No. 14, Opus 131. Sy graf is langs die van Beethoven in Zentralfriedhof, Wene, langs die van Johann Strauss II en Johannes Brahms.

Met: Zanta Hofmeyr (viool), Susan Mouton (tjello) & Malcolm Nay (klavier)

The Wits Trio Plays Schubert
Genre: Klassieke musiek
Taal: English
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R80
Plek: Beethoven-kamer, Grahamstad
Datum: 28 Junie 19:00 29 Junie 12:00 30 Junie 12:00

Nasionale Kunstefees 2018


The Wits Trio Plays Schubert

Zanta Hofmeyr
Zanta Hofmeyr


The Wits Trio Plays Schubert


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply