WOMAD, “The World of Music, Arts and Dance” bring die wêreld na jou voorstoep met opwindende plaaslike en internasionale kunstenaars wat by WOMAD Kaapstad, Yzerfontein, Johannesburg, Middelburg en Mapungubwe gaan optree vanaf 23 September tot 7 Oktober.
WOMAD wat in 1982 deur die bekende Britse kunstenaars Peter Gabriel gestig is, het oor dekades al top musikante oor verskillende kontinente heen met mekaar verbind en dus ook so diverse gehore van miljoene bereik. Gabriel het eens gesê: “Ek daag enigiemand uit om`n WOMAD konsert by te woon en nie heeltemal uit die veld geslaan te word deur `n kunstenaar waarvan hulle nog nie gehoor het nie.” Daar is tans omtrent 32 lande by die wonderlike inisiatief betrokke en WOMAD SA word sedert 2022 in Kaapstad en Johannesburg aangebied.
WOMAD Kaapstad vind tydens die naweek rondom Erfenisdag vanaf 23 tot 25 September plaas. `n Verskeidenheid van gratis konserte word op elk van hierdie dae tussen 14h00 en 20h00 by die V&A Waterfront aangebied. Die program bestaan uit optredes deur talentvolle kunstenaars uit 11 internasionale lande, asook van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars. Daar is iets vir almal: verskeie genres van musiek en dans, werkswinkels en selfs spontane buskers wat die V&A Waterfront vir drie dae gaan omtower in `n grootskaalse kaleidoskoop musiekfees.
Temakonserte sluit onder ander die WOMAD Indigenous Artists Konsert met die bekroonde Aboriginal sanger-en-liedjieskrywer Shellie Morris, met haar vroue sang-en-dans groep,
Yarnumamalya Ayangkidarrba-langwa, van Groote Eylandt, Australie in. Die bekroonde Australiese kletsrymer Neill Morris, ook bekend as DRMNGNOW, sal die verhoog deel met onder andere Eufronio “Kech” Sanchez van die Andes berggebied in Bolivia; Die Wêreld van Flamenco met Anabel Veloso en Gabriel Perez van Spanje; die Montoya Spaanse Dansteater. Feesgangers kan ook uitsien na Rappers Delight met die plaaslike kletsrymer YoungstaCPT, saam met Bravo le Roux, Mr. Heinz en `n samewerking met Neill Morris is ook een van die hoogtepunte op die program.
Nog opwindende kunstenaars wat op die verhoog te sien gaan wees is N’Faly Kouyate’ (Guinea), die perkussie kunstenaars Daewon Lee, Ho Kim, Chaebin Oh en Geomungojari (Korea); Takura Terry (Zimbabwe); Simba Morri (Kenya); Adamu da Silva (Angola) en Tango musiek en dans vanaf Portenos in Argentinie.
Die Beyond Words konsert neem die gehoor op `n reis wat die kunstenaars se erfenis, migrasie verhale en diepgaande verbintenisse met die vasteland van Afrika vier. Musikante wat in hierdie produksie saam te sien gaan wees is NIASHA (Zimbabwe), Ceeko (Suid-Afrika), asook die Afro Amerikaanse legende Craig Calhoun wat saam met Sylent Nqo (Zimbabwe) en die nuwe groep Tamvela gaan optree.
Plaaslike kunstenaars wat by WOMAD Kaapstad gaan optree is onder andere Zolani Mahola en The Feminine Force; Mansoor Joseph; Ernestine Deane; Steve Newman, Wendy Oldfield & Ashish Joshi; Albert Frost; The Electric met John Ellis; Empire Alight en Jonny Blundell en die groep Masala.
Van 26 tot 29 September word daar ook interaktiewe werkswinkels by die Ferryman`s Guinness Lounge, Kronendal, Ottery, Wynberg en in Noordhoek aangebied. Langa se 100 jaar bestaansjaar sal by die Langa Teater en Bridges Music Academy gevier word. Meer inligting is te vinde op WOMAD SA se webtuiste www.womadsa.co.za
Op Erfenis Dag, 24 September, vind die !Khwa ttu Heritage Day Festival in samewerking met WOMAD SA tussen 10h00 en 18h00 by die !Khwa ttu SAN Heritage Centre in Yzerfontein plaas. Vanjaar se feesgangers sal getrakteer word met die ongelooflike ritmes en talente van plaaslike San dansgroepe, insluitende die musiek van een van SA se mees bekende tradisionele musikante Prof Dizu Plaatjies. Die vieringe sluit ook Drumba Drumming in, en optredes en samewerking tussen die San musikante en die internasionale WOMAD Indigenous First Nations-kunstenaars van onder andere Australië, Ethiopië, Nieu Zeeland en Kanada. Temas van hierdie uitsonderlike musiek-aanbieding sluit erfenis en voorvaderlike oortuigings, genesing, die rol van vroue, grondkwessies, asook moderne geestelike invloede in. Kaartjies hiervoor is beperk en moet bespreek word.
!KHWA TTU kaartjies
Aanlyn vooraf:
R100 – volwassenes.
R60 – kinders en pensionaris.
Kinders onder 6 gratis Toegang.
Kaartjie pryse by die hek: R150 en kinders R95.
Bespreek hier: https://secure.activitybridge.com/book?activityid=15106
Kontak Bianca Tango 022 492 2998 en epos: Bookings@khwattu.org
Sien die volledige WOMAD SA program hier:
Vir meer inligting oor die kunstenaars en werkswinkels gaan na:
WOMAD SA 2023 word in Kaapstad, Yzerfontein, Johannesburg, Middelburg en Mapungubwe aangebied vanaf 23 September tot 7 Oktober.
Vir die volledige WOMAD SA program, gaan na https://womadsa.co.za/program-summary/