Zamar

Energieke, passievolle musiekplesier Zamar, wat beteken “feestelike musiek met die pluk van snare”, bring toeskouers ‘n lewenslustige vertoning met hulle vertolking van bekende en geliefde Broadway melodieë en velemeer.

Die 5-stuk talentvolle musikante pluk ook aan jou hartsnare met hul uitsonderlike hantering van die viool, baskitaar, kitaar, trekklavier en slaginstrumente.

Veronica Bell (viool), Lyudmyla Rukavitsyna Heath (trekklavier), Ignatius Klopper (baskitaar), Brian O’Neill (kitaar) en Danica O’Neill (djembe en perkussie).

‘n Zamar vertoning is soos ‘n energiedrankie waarvan die bruis nooit verdwyn nie.

Oude Libertas Amfiteater, Stellenbosch
12 Desember
Prys/Price: R120/140
Tyd/Time: 20h15
Duur/Duration: 90 min
Interval: 20 min

Lewer kommentaar

Leave a Reply