Zoé is besig om golwe te maak as die nuwe meisie op die musiektoneel! As sanger, liedjieskrywer en aktrise het sy reeds ‘n blywende indruk gelaat met haar opgewekte klank, energieke optredes en kleurvolle musiekvideos.

Haar debuuttreffer, “Crazy Meisie”, het die Afrikaanse pop-rock mark aan die gons gehad, en sy het dit opgevolg met “Liefhê”. Haar diepgaande enkelsnit “Hier” het gewys dat sy ernstige temas met finesse kan aanpak en het nommer 4 op Bosveld Stereo se Afrikaanse Top-20 behaal. In 2023 het sy die somer-temalied “Somer” saam met William Wolf vrygestel – ‘n gunsteling onder luisteraars!

Buiten musiek, gaan Zoé binnekort haar debuut as aktrise maak in ETV se komediereeks “Die Fakulteit”, waar sy die rol van Cindy Swanepoel vertolk.

Zoé
Zoé

Lewer kommentaar

Leave a Reply