Galtonia candicans
Die berglelie is ’n klein inheemse bolplant wat verwant is aan die hiasinte. Dit groei wild in die Drakensberge, Vrystaat en die Noord-Kaapse berge.
Die plant verkies goeie grond in vol son met ’n droë winter.
Die Kaapse hiasint se stewige bloeiwyse word tot 1,2 meter lank. Die wit hangende blomme verskyn in die somer.
(foto: Keith Edkins)
Lewer kommentaar