Cape Orchid Society Autumn Show is een van twee jaarlikse geleenthede wat jaarliks deur die Cape Orchid Society aangebied word. Lede van die vereninging sowel as privaat kwekers bied hul beste eksemplare van hierdie pragtige blomme slegs vir een naweek aan. Die vertoning bied ook aan die publiek ‘n geleentheid om te sien wat die vereniging doen terwyl hulle die skoonheid van die orgideëwêreld ervaar.
Vir diegene wat graag nuwe orgideë by hul plantversameling wil voeg of meer wil leer, is daar ‘n reeks kundige verkopers wat uitstal.
Gratis orgideë-pot- en versorgingsdemonstrasies vind daagliks om 13h00 plaas waar jy kan leer hoe om jou plante tuis te versorg.
Wanneer: Saterdag, 27 Mei van 9vm tot 5nm en Sondag, 28 Mei van 9vm tot 4nm.
Waar: Richard Crowie-saal, Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin, Rhodesrylaan, Nuweland, Kaapstad
Koste: R20pp vir volwassenes en R10pp vir kinders. Let daarop dat dit die algemene toegangsfooi wat vir Kirstenbosch Tuine vereis word nie ingesluit is nie
