Kappertjies

Tropaeolum majus

Kappertjies is eenjarige plante wat uitsprei en klim. Dit dra mooi blomme in ‘n verskeidenheid van kleure. Die blomme ruik lekker en kan in kos gebruik word. Die saad is ook gesog in die kookkuns.

Die plante groei maklik van saad. Die verkies son en halfskadu.

Plant kappertjies naby koolsoorte, dit hou die plantluise weg van die kool en ander plante.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Wonderlike raad vir keelseer: breek die stingeltjie onder die blaar af en kou. Sluk dan die sap in en spoeg die stingel reste uit. Dit werk selfs toe ek mangelontsteking gehad het!! Als danksy my 82 jarige ouma se raad!!

    Louise
    Hermanus, Wes Kaap

Lewer kommentaar

Leave a Reply