Geissorhiza rochensis
Die kelkiewyn is ’n laag groeiende knolplant. Dit word net sowat 150 mm hoog. Die plant se blare is gerib en die koppievormige blomme word aan draadvormige stingels gedra. Die plant se naam is afkomstig van die blommetjie se unieke kleurskakering.
Wanneer die plant blom verkies dit baie water. Die res van die tyd kan dit egter goed oorleef in droogte. Dit blom gewoonlik in September.
Die kelkiewyn kom natuurlik voor in die Suidwes-Kaap.

