’n Lelie vir die huis

Daar is seker nie ’n beter lelie om binneshuis te plant as ’n Spathiphyllum nie.

Die plantjie kan in skadu staan en geen nie om as jy so nou en dan vergeet dit is daar nie. Dit het pragtige blare en die anthuriumagtige blomme is skakerings van geel en wit ruik heerlik. Hoe meer water jy die plant gee, hoe langer hou die blomme. Al wat dit vra is dat jy dit uit die wind uit hou.

’n Fyn sproei van louwarm water nou en dan laat dit nog mooier vertoon.

Daar is verskeie hibriede om uit te kies.

Navorsing deur NASA het bevind dat hierdie een van die beste plante is om binnenshuis te hou om skadelike stowwe uit die lug te verwyder.

(foto; Kurt Stueber)

Lewer kommentaar

Leave a Reply