Arctotis fastuosa
Gousblomme is baie gewild in Suid-Afrika. Die Namakwalandse gousblom kan uitgeken word aan die donkerbruin ring aan die basis van die kroonblare. Die oranje blomme is ook effe donkerder as die van die gewone gousblom. Beide soorte groei wild in Namakwaland en die Suidwes-Kaap.
Met genoeg water groei gousblomme in enige grond. Die Namakwalandse gousblom word tot 600 mm hoog en blom in die lente.
Die foto is geneem deur Winfried Bruenken in die Goegap Naturreservaat, Noord-Kaap, Suid-Afrika.
Lewer kommentaar