Noem-noem

Die noem-noem is ’n inheemse immergroen struik van Suid-Afrika met blink blare en stervormige wit blomme. Die blomme word gevolg deur eetbare skarlaken vrugte. Die blomme en vrugte verskyn in die lente en dra tot in die somer. Hulle is redelik droogtebestand, maar vertoon mooier met gereelde water.

Die noem-noem is ’n baie handige struik. Hulle maak uitstekende ondeurdringbare heinings, as gevolg van hulle stewige skerp dorings.

Daar is twee plante wat dié naam dra. Carissa bispinosa kom voor in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga. Dit is die kleinste noem-noem en word net tot 1,25 meter hoog.

Die Carissa edulis groei digter en word tot 1,5 meter hoog. Dié plant kan ook meer skadu hanteer. Dit kom natuurlik voor in Limpopo, Botswana en Namibië.

(foto Jon Richfield)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply