Crinum bulbispermum
Die oranjerivierlelie kom wydverspreid voor oor Suid-Afrika. Dit is ’n groot blomplant met blare wat tot 100 mm breed word.
Die bloeistele is amper 1 meter hoog en dra skerms met 15 of meer blomme elk. Die blomme verskyn in Oktober.
Die oranjerivierlelie is die amptelike blom van die Vrystaat.