Ons onthou die Namakwalander, Arno van Zyl, vir sy skreeusnaakse staaltjie op Spies en Plessis en Maak ‘n las, Stoepstories en vele meer.
In hierdie vertoning deel Arno sy vertellings met Pietman die Skot, wat ook bekend is vir sy verpersoonliking van verskeie eertydse storievertellers soos Tolla van der Merwe, Nico Nel, ja ook vir Arno van Zyl self, ens. Die stories word omrond met musiek gemaak deur Pietman en sy alias Peter Mitchell.
Kom herleef ou gunsteling wolhaarstories en waarhede saam met hierdie twee storievertellers in hierdie spesiale vertoning.
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 16 Junie 2016 om 20h30.
Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by 021 979 1911.

