Postelein (Purslane)

Portulaca oleracea

Hierdie laaggroeiende vetplantjie word deur sommige mense as ‘n onkruid gesien. Min wetend dat die plant se blare en stingels goeie voedingswaarde het. Dit is veral lekker saam met vis.

Dit is ‘n jaarplant wat laag groei, maar tog tot 25 cm hoog kan staan. Die stingels is rooierig en die donkergroen vetplantblare het ‘n rooi randjie. Die plante groei omtrent onder enige omstandighede en kan ook in houers gekweek word.

Gebruik ‘n jong plantjie om dit voort te plant. Jy gaan sukkel met ouer plante wat reeds ‘n lang penwortel het.

Gebruik die blare en stingels voor die klein geel blomme verskyn, want dan verswak die plant se gehalte.

(foto José Luis Gálvez)

Lewer kommentaar

Leave a Reply