Skotse gousblom

Calendula officinalis

Daar is verskeie blomme wat die naam gousblom het. Jy kan hierdie skakel volg vir meer oor die Suid-Afrikaanse gousblom. Die Skotse gousblom word in kos gebruik en het ook verskeie medisinale gebruike. Dit is meer ’n kruid wat ook ’n snyblom is.

Die bros plant word tot 50 cm hoog. Die blomme word aan stingels gedra en wissel van van amper wit tot geel, tot ’n donker oranje. Daar is verskeie variëteite.

Dit is ’n jaarplant wat maklik groei van saad. Saai dit in die herfs of winter, want die blomme verskyn in die winter.

Die blomme verkies ’n sonnige hoekie en goeie grond wat goed dreineer. Gee baie water in droë toestande.

(foto: Kurt Stüber)


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply