Calendula officinalis
Die saad van die Skotse gousblom ontkiem gou. Die beste tyd om dit te saai is van herfs tot winter, maar indien jy in ‘n matige deel van Suid-Afrika woon sal dit dwarsdeur die jaar groei. Die plant is net ‘n eenjarige.
Die grond moet ryk wees en goed dreineer. Die blomme moet ook in die son staan en baie water kry indien dit warm is.
Die plante word tot 50 cm hoog. Dit is bros en met fyn haartjies bedek. Die blomme wissel tussen geel en oranje.
(foto H. Zell)