Soutslaai

Mesembryanthemum crystallinum

Soutslaai is ‘n vinniggroeinde eenjarige vygiesoort met groot, dik, sappige blare oortrek met klein, skitterende en deurskynende blaasselle vandaar die soortnaam crystallinum. Die plantsap is souterig, vandaar die naam soutslaai.

In droogtetoestande verkleur die plant rooierig. Baie vetplantsoorte word rooierig as hulle min water kry. Die rooi kleur beskerm die plant teen die son, dit dien as ‘n chemiese sonskerm.

Soutslaai is wydverspreid langs die Noord- en Wes-Kaapse kus. Dit aard goed in kustuine.

Lewer kommentaar

Leave a Reply