Viooltjies

Viooltjies is meerjarige plante wat goed groei in die halfskadu. Hulle verkies son in die oggend en skaduwee in die middag.

Die blomme is normaalweg ‘n donker violetkleur, maar ander kleure is ook in die handel beskikbaar.

Viooltjies het ‘n baie sterk reuk en daarom is dit ‘n bron vir parfuum.

Dit is uitstekende dekplante wat hulself saai.

In potte
– Sukkel jou viooltjies om te groei. Sit hulle in ‘n koel vensterbank, maar nie in direkte son nie.

– Hou hulle grond klam en borsel gereeld die stof van hul blare af.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply