Vlamlelie

Gloriosa superba

Hierdie genus het net een soort inheems aan Suid-Afrika, die vlamlelie. Dit kom natuurlik voor in die Limpopo en Mpumalanga.

In die natuur groei dit soos ’n klouterplant. Dit word tot 2 meter hoog. Hulle verkies halfskadu en beskerming teen wind.

Dit blom in die somer en die blomme is rooi, oranje of geel. Soms is die blomme tweekleurig. Die blomme word donkerder soos die blom ouer word. As snyblomme hou die vlamlelie nogal lank.

Let wel dat die plant se knol giftig is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply