Dimorphotheca pluvialis
Die witbotterblom is inheems aan die Suidwes-Kaap en Namakwaland. Dit is ’n laag groeiende eenjarige plant wat in die laatwinter en vroeë lente blom.
Die blomme se kroonblare is spierwit bo en violetkleurig onder.
(foto: Andrew Massyn)
