Die kykNET Fiëstas vereer jaarliks die werk wat die afgelope feesjaar opgelewer het en vanjaar het weer vir ‘n ryk oes gesorg.

kykNET streef daarna om talent te ontgin en aan te moedig deur geleenthede vir blootstelling en erkenning te skep. Die kykNET Fiëstas is hierdie platform wat elke jaar die grootste rolspelers byeen bring om die werk van die afgelope jaar te vier.

Dié gala-geleentheid vind volgende jaar op Donderdag 8 Februarie by Montecasino Teatro in Johannesburg plaas en word oudergewoonte regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai. Schalk Bezuidenhout sal die program as seremoniemeester lei en gaan deur Anna-Mart van der Merwe, Cintaine Schutte, Dean-John Smith, Vashti Prins en Bennie Fourie as sy mede-aanbieders bygestaan word. Die spesiale uitsending sluit ook optredes in deur Francois van Coke, Lynelle Kenned, Hakkiesdraad Hartman en uittreksels uit benoemde werk.

Vanjaar is die publiek ook welkom om die aand by te woon. Vir diegene wat graag skouers met die benoemdes, bekendes en wenners wil skuur, kan vanaf Maandag 4 Desember kaartjies by Computicket koop.

‘n Onafhanklike paneel besoek elke jaar die feeste waar nuwe Afrikaanse werk te sien is en beoordeel die teater-, kuns- en musiek-aanbod. Hierdie jaar het Aardklop Nasionale Kunstefees, Klein Karoo Nasionale Kunstefees, Innibos, Suidoosterfees, US Woordfees en Vrystaat Kunstefees gesamentlik gesorg vir 197 nuutgeskepte produksies. NATi (die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief) het die afgelope jaar vier vlagskip-produksies vervaardig asook veertien produksies finansieël ondersteun wat by die onderskeie feeste te sien was.

Die kreatiewe span wat vir die uitsending van die kykNET Fiëstas verantwoordelik sal wees, bestaan uit onder meer Amy Jephta (regisseur), Wolf F. Britz (assistent-regisseur en tegniese versorging), Rudi Botha (televisie-regisseur), Janine Neethling (musikale-regisseur) en Juanita Køtzé (inkleding en kostuums). Die uitsending word in opdrag van kykNET deur IdeaCandy vervaardig.

kykNET Fiëstas-toekennings
8 Februarie 2018
20:00
Montecasino Teatro
Regstreekse uitsending: kykNET DStv-kanaal 144
Kaartjies beskikbaar deur Computicket: https://online.computicket.com/web/

Hiermee die volledige lys van benoemings:

BESTE AKTEUR:
Albert Pretorius – Wild
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap
Paul du Toit – Melk & Vleis
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie

BESTE AKTRISE:
Anna-Mart van der Merwe – Liewer
Antoinette Kellermann – Asem
Illse Roos – Melk & Vleis
Tinarie van Wyk Loots – Wild

BESTE MANLIKE BYSPELER:
David Viviers – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Edwin van der Walt – Asem
Kopano Maroga – BuiteLand
Wilhelm van der Walt – Liewer

BESTE VROULIKE BYSPELER:
Crystal-Donna Roberts – Altaar
Elize Cawood – BuiteLand
Nicole Holm – Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Tarryn Wyngaard – Liewer

BESTE REGIE:
Jaco Bouwer – Liewer
Lara Bye – Die reuk van appels
Marthinus Basson – Melk & Vleis
Neil Coppen – BuiteLand

BESTE TEATERONTWERP:
Jaco Bouwer – Liewer: Stel
Marthinus Basson – Die koninkryk van die diere: Stel en kostuums
Neil Coppen en Vaughn Sadie – BuiteLand: Stel
Philip Rademeyer – Weerkaats: Stel en beligting

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:
Dawid Minnaar – Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
De Klerk Oelofse – Strooijonker
Gideon Lombard – Die reuk van appels
Milan Murray – Weerkaats

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:
Marina Albertyn – Melk & Vleis
Tertius Kapp – Liewer
Wessel Pretorius – Klara Maas se hart is gebreek, ensomeer: Die vloeistof-trilogie
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:
Des-Lee McKenzie – I(ras)ioneel
Dewald van der Merwe – Rou (in DEURnis)
Marina Albertyn – Teks vir Melk & Vleis
Retief Scholtz – Teks vir Dop en Weerkaats

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido en Santisa Viljoen – RSG Dis Opera: Gunsteling musiek uit die Opera
Bongani Khubeka (bas-bariton) – Stemme vir Môre
Jose Dias (klavier) en Janelle Visagie (sopraan) – Pioniers
US Camerata Chamber Ensemble (Leon Bosch en Denis Goldberg) – Moments in a life

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:
Athi-Patra Ruga (kunstenaar) – A young retrospective
Henk Serfontein (kunstenaar) – Winterslaap
Marieke Kruger (kunstenaar) – Carceral Spaces: Anticpating the sublime
Sandra Hanekom (kurator) – Bosch in Afrika

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:
Innibos Jacaranda FM Konsert
Rymklets van Oos tot Wes
Ballades
Judith Sephuma

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:
Stef Bos – Bos Innibos
Amanda Strydom – So onner deur die maan
Loki Rothman en Albert Frost – Die akoestiese kitaar
Hilandi du Toit en June van Merch – Gedig, my snaar

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:
Zolani Mahola – Rok en Rol
Piekniek by Mpande (née Dingaan)
Die Riel van Hip-hop
Legendary Divas: Vicki Samson, Amanda Strydom & Gloria Bosman

BESTE AANBIEDING:
Melk & Vleis
BuiteLand
Die reuk van appels
Liewer

BESTE DUO OF ENSEMBLE:
Mike & Mavis
Liewer
Klara Maas se hart is gebreek ensomeer: Die Vloeistof-trilogie
Nêrens, Noord-Kaap

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:
Die reuk van appels, verwerking van Mark Behr se gelyknamige roman deur Johann Smith
Die koninkryk van die diere, vertaling deur Marthinus Basson
Die fliek, vertaling en verwerking deur Nico Scheepers
BuiteLand, oorspronklike teks deur Neil Coppen, vertaling deur Amy Jephta

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply