Dis 1996. ’n Onafhanklike vrou los haar werk as aktuaris in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer.
Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap en wend haar vernuf aan om sy familieplaas in die Oos-Kaap van gewisse ondergang te red.
Nadat hulle met moeite deur in vitro ’n erfgenaam vir die plaas skep, begin die ongemaklike weefwerk wat hul verbind geleidelik uitrafel. En wanneer haar man haar verraai? Hell hath no fury like – ’n boervrou.
Melk & Vleis is ’n opwindende debuutwerk wat ’n nuwe stem aankondig in die Afrikaanse dramaliteratuur.
* DEBUUT *
Met: Illse Roos, Paul du Toit, Nomkhita Bavuma en Sesethu Zamxaka
Regie: Marthinus Basson
Deur: Marina Albertyn, gebaseer op Euripides se Medea
Stelontwerp: Marthinus Basson
Verhoogbestuur: Danielle Louw
Vervaardiger: Chris Pienaar
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: – 12
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R130
Plek: Weet-en-Sweet, Potchefstroom
Datum: 3 Okt 15:00 | 4 Okt 20:00 | 5 Okt 20:00 | 6 Okt 12:00 | 7 Okt 20:00
Melk & Vleis

Melk & Vleis
Roekeloos
4.5
