Zarah Cassim se solo-uitstalling, The Guise of Reality, delf diep in die idee van persepsie.
Cassim se tegniek maak ’n droomwêreld van ’n gewone landskapskildery. Uiteindelik word mens gedwing om jouself af te vra waarna jy nou rêrig kyk en jy voel gedisoriënteerd in die aangesig van hierdie absurde wêreld.
Cassim is ’n roekelose rebel, sy rebelleer teen ons idee van persepsie, teen die landskapskildery en selfs die doek waarop sy werk. Die romantiese idee van die saligheid van die natuurlike omgewing word weliswaar onder die gat geskop.
The Guise of Reality is by Salon Ninety One in Kloofstraat, Tuine, Kaapstad tot 13 September 2017.

