Hierdie program bestaan uit ’n koor-, solo- en ensemble-repertorium uit gewilde operas van onder andere Verdi, Mozart, Puccini, Mascagni.
Dit word aangebied deur die Konservatoriumkoor en uitstekende soliste met klavierbegeleiding. Al die sangers is tans sangstudente by die NWU, Skool van Musiek.
Die musiek word aanmekaar geweef met interessanthede vertel deur Wouter de Wet van RSG se Dis opera.
* DEBUUT *
Met: Konservatoriumkoor en soliste van die Skool van Musiek, NWU, met vertellings deur Wouter de Wet
Regie: Antoinette Olivier, Conroy Cupido & Santisa Viljoen
Genre: Musiek
Taal: Duits, Frans, Italiaans, Afrikaans
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R120
Plek: NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
Datum: 5 Okt 19:00 | 6 Okt 11:00
RSG “Dis Opera”: Gunsteling musiek uit die Opera

RSG “Dis Opera”: Gunsteling musiek uit die Opera
Roekeloos
3
