Die blinkste jong operasterre, Vuvuyiso (Vuvu) Mpofu en Bongani Kubheka, sluit by pianis Charl du Plessis aan vir ’n program van operagunstelinge.

Met internasionale rolle en pryse op elk se kerfstok reis hulle na Aardklop vir ’n vertoning van voorste musiek vir liefhebbers van die stem.

Charl du Plessis se programsamestelling bestaan uit geliefde melodieë uit barok- en klassieke opera soos Xerxes en Le nozze di Figaro. Die groot arias uit die Romantiese skatkis
waaronder Rigletto, Carmen en La Traviata word ook gehoor. Die bekendste duette sluit die program af en sorg vir ’n luisterlafenis.

* DEBUUT *

Met: Noluvuyiso Mpofu (sopraan), Bongani Kubheka (bas-bariton), Charl du Plessis (klavier)

Musiekregie: Charl du Plessis

Genre: Opera
Taal: Engels, Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R140
Plek: NG Kerk Miederpark, Potchefstroom
Datum: 6 Okt 13:30 | 7 Okt 13:30

Aardklop 2017


Stemme Vir Môre

Bongani Kubheka
Bongani Kubheka


Stemme Vir Môre


3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar