Witmagriet

Castalis nudicaulis

Die witmagriet is ’n tipe madeliefie. Dit is meerjarig en is veral nuttig in droë sonnige rotstuine in grond wat maklik dreineer. Dit kom natuurlik voor in die Wes-Kaap.

Die plant groei polvormig, tot 300 mm hoog. Die blomblare se bokant is wit en die onderkant pers. Die blom se kern is geel. Die blomme verskyn in die lente.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply